Pro Regno nr.16 – Islam

“The Islamic Resurgence, like comparable movements including the Reformation, will also leave important legacies … The large numbers of young people with secondary educations will continue to power the Islamic Resurgence and promote Muslim militancy, militarism, and migration. As a result, the early years of the twenty-first century are likely to see an ongoing resurgence of non-Western power and culture and the clash of the peoples of non-Western civilizations with the West and with each other.” – Samuel P. Huntington, The Clash of Civilizations and the Remaking of World Order.

Die sekulêr-humanistiese lewens-en-wêreldbeskouing van die Verligtingseeue, sedert die 18de eeu het die Christelike lewens-en-wêreldbeskouing al in so ‘n mate verdryf, dat die tradisioneel Christelik westerse beskawing nie die aanslag van die ‘Islam Invasion’ kan teen staan nie.  Van binne die Weste, onder leiding van liberale kerk en staatsbeskouing, word westerse lande lam gelê deur onder andere politiese korrektheid en skuldmanipulasie.  Een van die monumente van hierdie aanslag, is dat Moslems beoog om nou ‘n moskee te laat bou, waar?, nie in Mekka nie, maar in Manhattan, New York, naby waar die ‘Twin Towers’ in 2001 vernietig is deur Moslems wat met vliegtuie daar ingevlieg het. Sien: http://americanvision.org/3357/islams-trojan-horse/ 

Einde hierdie week eindig die fees van Ramadaan vir die Moslem-wêreld, hul maand van gebed en vas (10/11 September), en die Moslem geloof groei volgens kenners nog steeds, ongeag (of juis as gevolg van?) 911.  

“Today Islam is the fastest-growing religion in the world”, skryf Angela Wood van Islam for Today.  Volgens die nuutste statistiek, is daar 1.5 biljoen Moslems wêreldwyd en vorm hul die meerderdheid in meer as 50 lande regoor die wêreld.  Dit is ook die godsdiens wat vandag die vinnigste groei, nie net in die Midde-Ooste nie, maar ook wêreldwyd.  Huntington (2002: 84) het daarop gewys dat in 1900, 44.3% van die wêreld se bevolking onder die Weste se beheer was. In 2025 sal dit na raming slegs 10.1% wees.  In 1900 was slegs 4.2% onder Islam beheer, in 2025 sal dit na raming 19.2% wees. 

Die Westerse wêreld kry nie meer kinders nie, meestal omdat hul nie wil nie, en nie, omdat hul nie kan nie, terwyl die Moslem gesinne al groter en groter word.  Ook op ekonomiese en militêre gebied is Islam besig om ‘n al groter bedreiging te word, veral gesien in die lig van 11 September 2001. Sien ‘Demografiese Kruispad’.

Waar baie Moslem lande die vrye verkondiging van die Evangelie en kerke verbied, verwelkom die Weste die Moslem geloof en kultuur met ope arms, sonder enige voorbehoude en sonder om aan die langtermyn gevolge te dink.  Ook in ons eie land, alhoewel Islam maar nog ‘n klein minderheid is, het hul al ‘n baie groot impak: godsdienstig, kultureel en veral polities.

Omdat die westerse wêreld en selfs westerse kerke oor die algemeen afskeid geneem het van God se regverdige wette – gegee deur Moses en vervul en bevestig in Christus – as fondament van ‘n beskaafde wêreld, daarom het daar ‘n vakuum ontstaan wat gevul is deur die verligtings-humanistiese lewensbeskouing, wat op sy beurt nie staande gaan kan bly teen die Islam aanslag vir ‘reg en geregtigheid’ in die losbandige goddelose Weste nie.   

Ongeag al hierdie ontwikkelinge, wat die omstandighede ookal inhou, bly die Groot Opdrag (Matt.28:18-20) vasstaan vir die kerk van Christus, om die Evangelie aan alle mense te bring, dus ook aan Moslems.

Na 1994 het ons tye en kultuur so verander, dat ons nou orals gekonfronteer word met ander gelowe, ook die Islam godsdiens.  Dit is daarom belangrik vir die gelowige, veral die Moslem evangelis, om duidelik kennis te neem van die Islam godsdiens, sodat hy nog meer effektief die Evangelie van ware islama, dit is van ware vrede, kan verkondig aan ‘n verlore Moslem wêreld.

Gelowiges moet beide uiterstes vermy. Aan die eenkant, om uit ’n hoogmoedige siening, nie nederig, geduldig en diensbaar te luister na Moslems se standpunte en kwellinge nie.  Aan die anderkant, veral as gevolg van die gevaar van die postmoderne lewensuitkyk, die new age sinkretisme, ens., die uniekheid van die Christelike geloof af te water of te kompromeer.  Die sentrale vraagstuk van Christus wat die onderwerp is van die evangelie, ook vir Moslems, is:

Maar julle, wie sê julle is Ek? – Matt.16:15

En die antwoord daarop, wat duidelik in liefde verkondig moet word, is die doel van alle Moslem-evangelisasie, dat hul in Hom sal glo wat die Vader gestuur het, sodat sy Naam in alles verheerlik kan word, en elke mens kan bely: U is die Christus, die Seun van die lewende God. – Matt.16:16

Want: Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. – Joh.14:6

En, as die bekeerde Moslem, nou as Christen, die weg van dankbaarheid begin volg in sy hele lewe, dan besef hy dat die valse (of misleide) verdraaide christendom wat aan hom baie maal voorgehou is, nl. ‘n Christendom sonder wet, sonder geregtigheid, sonder ‘n soeke na waarheid, wet en orde, ‘n leuen was uit die hel. 

Hy leer dan o.a. van God se regverdige wette vir gesin, gemeente en gemeenskap, dat daar ‘n Christelike staat en samelewing behoort te wees, dat daar iets is soos ‘n Christelike beskawing hier op aarde, ja, onvolkome, nog vol sonde en tydelik, maar tog daar as kenmerk van die gelowige se dankbaarheidslewe.  Hy weet hy is oppad na die volmaakte, na die ewige heerlikheid, die ewige tuiste, maar dit verhoed hom nie om nou God se eer op elke terrein te soek nie. Om elke gedagte gevange te neem gehoorsaam aan Christus. Om aan Moslems te verkondig dat alleen in die Christelike geloof en lewensbeskouing, genade/barmhartigheid én geregtigheid/wet mekaar waarlik ontmoet, soos Christus beide God se eis/wet en genade/vergifnis gehandhaaf het (Joh.8:1-11).

Hy bely dat die Koninkryk van God in en deur Christus gekom het, waar Hy in waarheid en Gees aanbid word, en dat dit gevolge het vir sy hele lewe van denke en dade.  Dat Christus se Koningsheerskappy alles omvat, die totale lewe.  Dat die Christelike geloof, net soos die kommunistiese geloof, net soos die humanistiese geloof en net soos die Islam geloof, totalitêr is, d.w.s. dit eis alles op in hierdie lewe, tot eer van God in Christus.   

Hier is ‘n paar bronne om na te luister en ook te lees:

Pro Regno nr.16 – Islam

https://proregno.com/wp-content/uploads/2010/09/pr-2010-09-11-nr-16-islam1.pdf

(sien in hierdie werkstuk die bronnelys, bl.31)

Islam Watch

http://www.islam-watch.org/

Islam and Secular Humanism are two sides of the Same Coin

http://americanvision.org/3391/islam-and-secular-humanism-are-two-sides-of-the-same-coin/

The Kingdom of God: Christianity vs Islam

http://www.sermonaudio.com/sermoninfo.asp?SID=89081350232

Answering Islam

http://www.answering-islam.org/

One thought on “Pro Regno nr.16 – Islam

Add yours

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑