Nr.1 Gedenk julle voorgangers Hebr.13:7

Nr.1: Gedenk julle voorgangers, Totius

Hebr.13:7 Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na.

Deur allerlei aanslae van “ons doodsvyande, die duiwel, die wêreld en ons eie sondige natuur” (HK antw.127), is die gevaar daar dat die gelowige mismoedig en teneergedruk kan raak.  As die geloof begin wankel, die gesinslewe onder druk kom, die gemeente leeg loop, die liefde vir die gereformeerde geloof taan, God se wet verwerp word, as die land se omstandighede agteruit gaan, dan moet die gelowige (jonk én oud) soveel te meer op kyk na “Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.” (Hebr.12:2)

Totius, een van ons voorgangers in ons geloofstryd, doen juis dit as hy ‘n bemoedigende woord vanuit Hebr.13:7 spreek tot ons as die nageslag, wat juis nou onder soveel aanslae leef, en, soos die tydsgees lyk, nog baie meer aanslae sal moet verwag, as ons getrou wil wees aan Hom (2 Tim.3:13,14; Op.12:11,17).

Die bemoedigende woord is uitgespreek kort na die afsterwe van nog ‘n voorganger, prof. Jan Lion Cachet , tweede professor in teologie van die GKSA, 1894-1911.

Lees, besin en aanbid Hom wat belowe: “Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie” (Hebr.13:5b):

https://proregno.files.wordpress.com/2010/09/gedenk-julle-voorgangers1.pdf

“Die gelowige beoordeel die lewe heeltemal anders as die wêrelddienaar. Gemeet met die maatstaf van die wêreld, was die einde vir hierdie mense (Hebr.11 – slc) alles behalwe voorbeeldig. Na die uitwendige het alles in mislukking geëindig. Die wéreld tog meet sukses af na wat voor oë is, maar ag, wat is daardie sukses! Wisselvallig en kortstondig. Vandaar dat die groot digter Goethe gesê het: Dit is waaragtige sukses as ‘n mens die einde van sy lewe met die begin in ooreenstemming kan bring.”

One thought on “Nr.1 Gedenk julle voorgangers Hebr.13:7

Add yours

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑